Boontjie sop

Vanaf Wikibooks

BOONTJIESOP

Bestanddele:[wysig]

1 sakkie (500g) suikerbone

3 liter kookwater

500~800g bees of skaapskenkels of -stowevleis (of albei)

1 groot ui, gekap

1 biefblokkie

1 blikkie (65g) tamatiepasta

25 ml (1el + 2tl)Bisto

15ml (1el)Worcestersous

sout en peper

Metode:[wysig]

Week boontjies oornag in baie koue water.

Die volgende dag: was en dreineer boontjies en kook dan met 2 liter van die kookwater tot sag.

Braai ui en vleis bietjie bruin en kook dan met orige 1 liter kookwater tot baie sag.

(‘n Drukkoker/stoompot is baie handig!)

Verwyder die bene en sny vleis in kleiner stukkies en voeg saam met die vleissous en biefblokkie by die boontjies.

Meng die tamatiepasta, Bisto en Worcestersous met bietjie koue water en roer by die sop in – geur met sout en peper.

Laat dit goed deurkook en bedien warm.

Ander Boontjie Sop Resepte[wysig]

Boontjie sop met spekblokkies

Heerlike Boontjies sop