Gaan na inhoud

Boontjie sop met spekblokkies

Vanaf Wikibooks

Jy kan die vark vervang met bees, droë hoender stukke of skaap vleis.

Bestanddele:

[wysig]

🌱500g pakkie droë suikerbone,

🌱250g gerookte spek, in blokkies gesny oornag geweek in koue water.

🌱2.5 liter water 1 groot ui gekap

🌱1 wortel, grof gerasper 65g (1blikkie) tamatiepasta

🌱2 lourierblare 6 wonderpeperkorrels

🌱3 kruienaeltjies ‘n paar gekapte takkies pietersielie

🌱10ml (2tl) bruinasyn sout en varsgemaalde swartpeper

🌱2 knoffelhuisies skoongemaak olyfolie

Metode:

[wysig]

Spoel bone af onder koue water en dreineer. Dompel varkpootjie vinnig in kookwater en was goed af. Skep spek in ‘n groot kastrol en braai oor lae hitte tot bros. Skep uit. Braai varkpootjie in dieselfde kastrol tot bruin alkante. Skep bone by varkpootjie in kastrol en voeg water by. Verhit tot kookpunt, en skep skuim af met gaatjieslepel. Voeg res van bestanddele tot em met bruinasyn by, verhit tot kookpunt, verlaag hitte en laat stadig prut met deksel op kastrol vir sowat 2½-3 ure of tot bone sag is. Geur na smaak met sout en swartpeper. Verwyder varkpootjie en druk sommige van die bone fyn met ‘n aartappeldrukker.