HTML

Vanaf Wikibooks

HTML hulp vir die beginner[wysig]

Baie studente vra die vraag, Hoe kan mens 'n Tuisblad vinnig skep deur HTML te gebruik?

Wat is HTML[wysig]

HTML staan vir Hyper Text Markup Language en dit is 'n eenvoudige taal om teks as hiperteks voor te stel deur gebruik te maak van sekere sleutel woorde of etikette. Al die etikette moet tussen < en > tekens geskryf word en alle etikette moet vergesel word met 'n einde etiket. 'n Einde etiket moet geskryf word as </...>

Die basiese vorm van 'n HTML dokument[wysig]

Alle html dokumente het die volgende basiese vorm.

<html>

   <head>
   </head>

   <body>
   </body>

</html>

Die <head> seksie sal inligting bevat wat die dokument self beskryf, terwyl die <body> seksie die inligting bevat wat U wil publiseer.

U eerste HTML dokument[wysig]

Die volgende is 'n kort, maar geldige HTML dokument wat eenvoudig die sin My eerste HTML dokument sal skryf.

<html>

   <head>
   </head>

   <body>
     My eerste HTML dokument
   </body>

</html>

U kan dit toets deur die teks hierbo in Notepad in te tik, dit te stoor as eerste.html en dan eerste.html in Internet Explorer oop te maak.

Paragrawe[wysig]

Om 'n paragraaf te maak, gebruik <p> gevolg deur die teks wat in die paragraaf moet wees en sluit dit af met </p>.

HTML kode Hoe dit lyk
<body>
Dit is die eerste paragraaf
Dit is die tweede paragraaf
</body>

Dit is die eerste paragraaf Dit is die tweede paragraaf

<body> 
<p>
 Dit is die eerste paragraaf
</p>
<p>
 Dit is die tweede paragraaf
</p>
</body>

Dit is die eerste paragraaf

Dit is die tweede paragraaf

Soos U kan sien het die eerste voorbeeld geen struktuur nie, maar as ons dir <p> etikette gebruik kan ons die dokument in twee paragrawe deel.

Opskrifte[wysig]

Opskrifte kan gemaak word deur die <h1> tot <h5> etikette te gebruik.

HTML kode Hoe dit lyk
<body>
<h1>Hierdie is 'n hoof opskrif</h1>
<h2>Hierdie is 'n kleiner opskrif</h2>
<h3>Hierdie opskrif is nog kleiner</h3>
<h4>Hierdie opskrif is noooog kleiner</h4>
<h5>Hierdie opskrif is nog nog kleiner</h5>
</body>

Hierdie is 'n hoof opskrif

Hierdie is 'n kleiner opskrif

Hierdie opskrif is nog kleiner

Hierdie opskrif is noooog kleiner

Hierdie opskrif is nog nog kleiner