Blaarslaai sop
BLAARSLAAI SOP
Bestanddele:
[wysig]❄500 ml (2k) room
❄3 liter melk
❄750 ml (3k) kookwater
❄1½ ui
❄1 eetlepel olyfolie
❄2 pakkies repies spek
❄3 groot aartappels – grof gerasper
❄1½ kop blaarslaai
❄2 pakkies hoender roomsop
❄Hoenderaftreksel blokkie – aangemaak met water
Metode:
[wysig]Kook melk en water saam. Gooi aartappels by en kook tot sag. Braai uie apart in olyfolie. Braai repies spek in dieselfde olie. Gooi uie en spek in melk en kook. Gooi ook blaarslaai by. Voeg hoenderaftreksel by en laastens die room. Kook vir sowat 1 uur.