Sampioen Sop

Vanaf Wikibooks

Afdeling: Sop resep

Bediening: 12

Tyd: 1 uur

Bestanddele:[wysig]

⚫225g botter (verdeel)

⚫1 koppie meel (verdeel)

⚫12 koppies beesvleisaftreksel

⚫6 etl “extra-virgin olive oil”

⚫12 koppies gemengde sampioene (gesny)

⚫½ koppie sjerrie

Aanwysing:[wysig]

Smelt die een helfte van die botter in ń groot pot oor matige hitte.

Voeg ń ½ koppie van die meel by, roer aanhoudend tot dikkerig.

Kook en roer aanhoudend vir 5minute tot ń liggeel sous.

Voeg beesvleisaftreksel geleidelik by.

Bring tot kookpunt terwyl jy roer.

Verminder hitte en laat prut.

In ń groot “saucepan” oor matige hitte, smelt die ander helte botter met die olyfolie.

Gooi die gemengde sampioene by en roerbraai tot sag.

Haal die pan van hitte af, gooi die res van die meel oor sampioene en roer liggies deur.

Meng die sampioene met die beesvleisaftreksel sousmengsel.

Roer die sjerrie by.

Kook en roer af en toe totdat sop redelik verdik is.

Bedien warm.