Sampioen Gortsop

Vanaf Wikibooks

SAMPIOEN🍄GORTSOP

( 4 PORSIES )

WENK- die gort kan vervang word met lensies, boontjies of 4in1sopmengsel.

Bestanddele:[wysig]

🍄 30ml (2 e) olyfolie

🍄 1 yf, gekap

🍄 2 knoffelhuisies, fyngedruk

🍄 300g Gemengde sampioene, in stukke gesny

🍄 2 stele seldery, gekap

🍄 2 wortels, geskil en in blokkies gesny

🍄 4 takkies tiemie

🍄 15ml (1 e) meel

🍄 375ml (1.5 k) gort

🍄 4×250ml (4 k) groenteaftreksel

🍄 1/2 suurlemoen se sap en gerasperde skil

🍄 sout en vars gemaalde peper

🍄 10g pietersiele, gekap

Metode:[wysig]

✔ Verhit die olie in ń kastrol en braai die yf en knoffel tot gekaramelliseer. Voeg die sampioene by en roerbraai 10min.

✔ Voeg die seldery, wortels en tiemie by en roerbraai nog ń paar minute.

✔ Sprinkel die meel oor en meng goed.

✔ Roer die gort en groenteaftreksel by, bring tot kookpunt en laat dit 40min. prut of tot die gort gaar is.

✔ Geur met die suurlemoensap,-skil, sout en peper.

✔ Roer die pietersiele deur en sit voor.