Piesang Broodjie

Vanaf Wikibooks

Piesang Broodjie

“maak 1 broodjie”

Bestanddele:[wysig]

▪ 1 k wit suiker

▪ ½ k sagte botter

▪ 3 ryp piesangs fyn gedruk

▪ 2 eiers

▪ 2 k veelsydige meel

▪ ½ tl koeksoda

▪ ⅓ k suurmelk (amazi)

▪ ¼ tl sout (knypie)

▪ 1 tl vanilje geursel

Metode:[wysig]

Verhit oond tot 180°C.

Smeer ń 20cm×10cm broodpan.

Meng saam al die bestanddele in ń mengbak - meng goed.

Gooi mengsel in broodpan.

Bak op middelrak vir 60min.