Oliebol
OLIEBOLLE
Lewer sowat 30 bolletjies.
Bestanddele:
[wysig]Deeg/Oliebolle
- 4×250ml koekmeelblom
- 250ml suiker
- 30ml bakpoeier
- 2 eiers, geklop
- 250~300ml water
- 125ml rosyne
- 750ml (om in te braai)
Om in te rol:
Meng-
- 500ml suiker en
- 30ml fyn kaneel
Metode:
[wysig]- Meng meel, suiker en bakpoeier in ‘n mengbak. Klop eiers en water, voeg by meelmengsel en meng goed. Roer rosyne by.
- Verhit die olie tot warm en skep elke keer ‘n eetlepel van die beslag in die warm olie. Braai bolletjies alkant tot goudbruin.
- Moenie meer as 4 bolletjies gelyk braai nie.
- Skep met ‘n gaatjieslepel in uit, dreineer oortollige olie en rol in kaneelsuiker.
- Bedien.
Wenk:
[wysig]Oliebolletjies moet nie lank gebêre word nie, want dit word gou sag.