Marie Beskuitjie Fudge

Vanaf Wikibooks

MARIE BESKUITJIE-FUDGE

Beslag:[wysig]

  • 1 Pak (200g) Marie beskuitjies (of enige ander lekker beskuitjies wat min of meer dieselfde is daar)
  • 250g margarien of botter
  • 1 pak (500g) versiersuiker (gesif)
  • 75 ml (5el)kakao, gesif
  • 1 eier

Metode:[wysig]

Rol die beskuitjies met ‘n rolstok tot taamlik fyn, maar nie heeltemal fyn nie.

Smelt die margarien in ‘n groot kastrol oor matige hitte en roer die versiersuiker en kakao by. Roer tot glad. Klop die eier vinnig by.

Haal mengsel van die stoof af en roer die gekrummelde beskuitjies by.

Skep in ‘n gesmeerde of met Spray ‘n Cook gespuite bak en laat afkoel.

Sny in blokkies en bêre in yskas.