Gaan na inhoud

Koffiesoentjies

Vanaf Wikibooks

KOFFIESOENTJIES

Bestanddele:

[wysig]

☕250 g sagte botter

☕185 ml versiersuiker, gesif

☕10 ml koffiepoeier

☕15 ml kookwater

☕500 ml koekmeel, gesif

Vulsel:

🍫50 g (½ slab) donkersjokola, gesmelt.

Metode:

[wysig]

Stel oond op 180 °C.

1. Room botter en versiersuiker tot liggeel.

2. Roer koffiepoeier en kookwater saam en giet by bottermengsel. Klits goed.

3. Roer koekmeel by bottermengsel. Dit sal sagte deeg wees.

4. Voer bakplaat met bakpapier uit.

5. Skep deeg in spuitsak met meduim- grootte sterretjie-spuitpunt

6. Maak sirkeltjies van ongeveer 2 cm op bakplaat, maar nie te naby aan mekaar nie.

7. Bak vir 10 min of tot effe ligbruin.

Laat op afkoelrakkie afkoel.

8. Plaas twee koekies opmekaar met bietjie gesmelte sjokola.