Koeksisters
KOEKSISTERS
groot maat
STROOP:
[wysig](moet yskoud wees)
🍯20 koppies suiker (wit)
🍯10 koppies water
So gemaak:
Kook tot suiker opgelos is. Laat afkoel en plaas in yskas om yskoud te word.
DEEG:
[wysig]🍯6 koppies koekmeel
🍯6 eetlepels maizina hoogvol
🍯6 eetlepels bakpoeier hoogvol
🍯1 teelepels sout
🍯3 eiers
🍯100 gr botter
🍯3 koppies water
Metode:
Vryf botter in droë bestanddele in.
Kilts eiers en water saam.
Meng alles goed.
Rol uit, vleg en bak.
Afronding:
[wysig]Sit gaar gebakte koeksister "terwyl nog warm" in koue stroop.