Klapper Koekies

Vanaf Wikibooks
Jump to navigation Jump to search

Klapper koekies

Beslag:[wysig]

3 kop koekmeelblom.

300 ml witsuiker.

1 kop klapper.

knypie sout.

1 kop botter

1 tl koeksoda.

1 tl appelkooskonfyt.

Metode:[wysig]

Voorverhit die oond tot 180°C.

Sif droë bestanddele saam.

Vryf die botter met vingerpunte in.

Meng die koeksoda en appelkooskonfyt saam en sny in droë bestanddele in. Indien nodig, voeg ‘n klein bietjie melk by om stywe deeg te vorm.

Vorm balletjies en plaas dit op ‘n bakplaat.

Druk dit met ‘n vurk plat en versier met rooi en groen glanskersies.

Bak vir ongeveer 10 minute tot ligbruin.