Kaas en Uie Beskuitjies

Vanaf Wikibooks

KAAS EN UIE BESKUITJIES

Bestanddele:[wysig]

  • 500ml koekmeel
  • 4ml sout
  • 2ml rooi peper as jy wil bietjie meer
  • 1pakkie wit uie sop
  • 6ml bakpoeier
  • 120ml “stork bake”
  • 300ml kaas gerasper
  • 2 eier gele
  • 100ml yswater.

Metode:[wysig]

Voorverhit oond 190°C.

Sif al die droë bestanddele behalwe uie sop in ń mengbak. Gooi dan soppoeier by, vryf botter met vingerpunte in meelnengsel en meng dan die kaas by. Klits eiergele ligies saam die water en gooi oor die droe mengsel. Sny die vloeistof met n mes in die mengsel om n deeg te vorm. Verkoel vir 15min. Rol deeg uit en druk uit met koekie drukker en sny in vingers.

Bak in voorverhitte oond vir 10 min, laat op bakplaat afkoel.