Hertzoggie

Vanaf Wikibooks

HERTZOGGIE

Kors:[wysig]

Bestanddele:

  • 250 g (445 ml) koekmeel
  • 10 ml bakpoeier
  • knippie sout
  • 125 g (135 ml) botter
  • 25 g (30 ml) strooisuiker
  • 3 eiergele
  • 15 ml water

Bolaag:[wysig]

Bestanddele:

  • 1 blik 450 g All Gold Super Fine Apricot Jam oF All Gold Strawberry Jam
  • 3 eierwitte
  • 250 g (315 ml) suiker
  • 200 g (625 ml) fyn klapper

Metode:[wysig]

Verhit jou oond tot 160°C.

Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam.

Vryf die botter in die meelmengsel tot dit soos broodkrummels lyk.

Voeg die strooisuiker by en meng deur.

Klits die eiergele en water saam.

Voeg dit by die meelmengsel en maak aan tot ‘n deeg.

Smeer ‘n bakplaat van sowat 30×23 cm goed met botter.

Druk die deeg met jou hande in die bakplaat.

Smeer die konfyt van jou keuse op die deeg.

Klits die eierwitte styf.

Voeg die suiker lepel vir lepel by tot jy ‘n stywe meringue het.

Roer die klapper deur en sprei die meringue eweredig oor die konfyt.

Bak vir 35~40 minute.

Haal uit en sny in blokkies.

Laat afkoel in die bakplaat voor jy die blokkies uithaal