Gin en witwyn pons

Vanaf Wikibooks

BLITS VINNIGE PONS

Bestanddele:

💧375 ml gin

💧750 ml wit wyn

💧750 ml Oros

💧375 ml lemmetjiesap (bv Roses)

💧6 liter lemonade

💧1 blikkie grenadellamoes

💧825g-blik pere

💧825g-blik perskes

💧825g-blik pynappelstukke

Maak so:

Voeg res van bestanddele behalwe lemonade, oros en lemmetjiesap by. Laat oornag in gin en witwyn lê. Voeg lemonade, Oros en die lemmetjiesap net voor opdiening by.