Fudge Koek

Vanaf Wikibooks

FUDGE KOEK

Bestanddele:[wysig]

  • 1 ½ koppies suiker
  • ½ koppie kakao
  • 1 ½ teelepels koeksoda
  • 2 koppies meel
  • ¾ teelepel sout
  • 1 ½ teelepels vanielje
  • ¾ koppie olie
  • 1 ½ koppies water
  • 1 ½ teelepels wit asyn

Metode:[wysig]

Oond 180°C.

Pan grootte 9×3 (ongeveer 23cm) (Pan moet ongespuit wees))

Meng die nat bestanddele. Meng die droë bestanddele. Meng alles tot gladde mengsel.

Bak vir 25 minute.

Versier met jou keuse van versiersel bv. karamel, kondensmelk en klapper, geklopte room, ganache ens. Wees versigtig, die koek is baie klam so moenie te stywe versiersel probeer oorsmeer nie.