Fudge 1

Vanaf Wikibooks
Jump to navigation Jump to search

FUDGE

Bestanddele:[wysig]

800 g suiker

250 g botter

250 ml melk

250 ml kondensmelk

10 ml vanielje

10 ml fyn kaneel

Metode:[wysig]

Plaas al die bestanddele in ’n pot en bring tot kookpunt terwyl jy oor lae hitte met ’n houtlepel roer. Hou aan roer tot mengsel goudbruin kleur kry, sowat 25~30 minute. Verwyder van hitte en klits op lae spoed met elektriese handklitser tot mengsel romerig is.

Spuit pan van 30×20 cm met kleefwerende kossproei en keer mengsel daarin uit. Laat afkoel tot koud en gestol. Keer uit op kapplank en sny fudge in 1,5×15 cm-skywe met ’n skerp mes.