Far Bretón

Vanaf Wikibooks

Far Bretón

Far breton is 'n gewilde melktert wat in Bretagne warm as nagereg of koud as tert bedien word. Daar is baie variasies van die resep, maar die hoofbestanddele is tans gewoonlik meelblom, eiers, melk, suiker, droë vrugte (pruime), botter, vanielje en calvados of rum na smaak.

Bestanddele:[wysig]

  • 250 gram meelblom
  • 150 gram suiker
  • 4 eiers
  • 1 pakkie vanieljesuiker of vanieljegeursel
  • 1 liter melk
  • 100 gram droë vrugte (pruime; vars pruime of rosyntjies kan ewe goed gebruik word)
  • botter
  • 1 glasie calvados of rum na smaak
  • Kaneel na smaak

Metode:[wysig]

Vermeng eers droë bestanddele (meelblom, suiker en vanieljesuiker). Voeg eiers by en klits saam (of skei eiers en voeg geklitste eiergele en geklitste eierwit apart by). Maak aan met melk en voeg calvados of rum na smaak by.

Smeer botter in tertbak en plaas droë vrugte in die bak. Gooi deeg daaroor. Bak 45 tot 60 minute in voorverhitte oond by 175 °C tot 200 °C tot ligbruin en gaar. Strooi suiker en/of kaneel na smaak daaroor.