Ertjie-lagie slaai
Hierdie resep het eintlik GEEN RESEP nodig nie – jy kan die slaai maak so groot of klein soos jy wil. Hier is ‘n aanduiding van hoeveel jy kan gebruik.
Bestanddele:
[wysig]★1 Blaarslaai – fyn opgekap en goed afgedroog
★1 blomkool – fyn opgekap
★1 ui – fyn opgekap
★2 stokkie seldery – fyn opgekap (ek het die gelos)
★1 Greenpepper – fyngekap
★500gr bevrore ertjies (gebruik net so gevries)
★2 kop mayonnaise
★250gr spek – bros gebraai (ek het sommer bacon-bits gebruik)
★Gerasperde kaas
Metode:
[wysig]Begin deur die ½ de van die blaarslaai onder in die bak te pak.
Gebruik alles helfte sodat jy 2 lae kan pak.
Pak dan lagies ertjies gevolg deur al die ander bestanddele.
Gooi 1 kop mayo oor.
Begin weer lagies pak.
Eindig af met die spek, kaas en mayo.
Die slaai is heerlik as dit oornag staan.