Duits/Duitsland

Vanaf Wikibooks

Van al die lande in Wes-Europa is Duitsland, met 'n oppervlakte van ongeveer die helfte van Suid-Afrika, seker die mees sentraal geleë. Hierdie sentrale ligging speel 'n baie groot rol. Op handelsgebied is dit besonder gunstig, want Duitsland grens aan die belangrikste Europese lande soos Nederland, België, Frankryk, Italië en die Balkanlande, en is naby die Britse Eilande.