Duits/Die Duitse taal

Vanaf Wikibooks
Jump to navigation Jump to search

Die woord "deutsch" beteken inheems of nasionaal en is van die woord "diet", wat volk beteken, afgelei. Dit is sedert die middel van die 8ste eeu gebruik vir die gemeenskaplike taal van die Duitse stamme. Van die taal is die naam ook op die volk oorgedra.

Al die Germane het oorspronklik dieselfde taal gepraat nl. Oer-Germaans. Met verloop van tyd het daaruit verskillende Germaanse tale ontstaan nl. Oos-Germaans, Noord-Germaans en Wes-Germaans. Wes-Germaans het weer in verskeie dialekte verdeel, en Duits het uit een van hulle ontwikkel.

Stamboom van die Germaanse taalgroep:

  • Oer-Germaans
    • Oos-Germaans
      • Goties
    • Noord-Germaans
      • Deens
        • Groenlands
      • Noors
      • Sweeds
      • Yslands
    • Wes-Germaans
      • Duits
      • Engels
      • Nederlands
      • Vlaams
      • Afrikaans

In Duitsland word verskeie dialekte (Mundarten) gevind. Dit is 'n afwyking van die algemene taal wat net mondelings gebruik word en in 'n bepaalde deel of streek voorkom. So groot is die verskille soms tussen die dialekte dat iemand wat die een praat nie veel van die ander verstaan nie. Deur sy Duitse Bybel het Luther aan die Duitsers 'n algemene taal wat vir die hele Duitsland gegeld het, gegee. Die algemene spreektaal (Umgansprache) is die taal van die daaglikse lewe, wat saam met die skryftaal (Hochdeutsch) ontwikkel het, maar net mondelings gebruik word. Dit wyk ook soms van die skryfttaal af en word deur die dialekte beïnvloed.