Cremora Koekies

Vanaf Wikibooks

CREMORA KOEKIES

Bestanddele:[wysig]

  • 2 ½ koppies koekmeel
  • 1 koppie Nestle CREMORA
  • 1 el vla poeier
  • 1 tl. bakpoeier
  • 1 tl. sout
  • 1 kop regte botter, kamertemperatuur (baie sag)
  • 110g roomkaas, kamertemperatuur
  • 1 kop strooisuiker
  • 1 tl Vanielje geursel
  • 1 eier

Metode:[wysig]

Voorverhit die oond tot 170°C.

Sif saam: koekmeel, cremora, vla poeier, bakpoeier en sout, hou eenkant. Room die botter met roomkaas saam tot glad en romerig.

Voeg die strooisuiker geleidelik by, terwyl jy aanhou meng. Vou die vanieljegeursel en eier by. Meng mooi deur tot gladde beslag Voeg nou die gesifte Cremora-mengsel geleidelik by, meng tot gladde beslag.

Plaas in yskas vir 30 min. Gebruik jou hande en rol die beslag in klein balle en plaas dit op ‘n gesmeerde bakplaat en druk liggies in die middel met jou duim of met ‘n vurk. Pak die koekies ongeveer 2 cm uitmekaar. Bak 15 minute in die oond tot ligbruin. Laat die koekies afkoel op die plaat voordat dit na ‘n rak oorgeplaas word om heeltemal af te koel.