Bielie Mielie

Vanaf Wikibooks

Hierdie Bielie Mielie is sommer ń lekka volmaag ontbyt! As jy so lus kry kan jy dit as ń middagete ook geniet.

vir die Stywepap:[wysig]

Jy benodig:

🌽2 kop mieliemeel

🌽3 kop water

🌽1 tl sout

Metode:[wysig]

Gebruik ‘n swaarboompot.

Voeg water in pot en bring tot kookpunt, voeg sout by.

Voeg die mieliemeel stadig by en roer heeltyd met ‘n papvurk totdat die pap styf is.

Sit deksel op, draai hitte op laagste stelling, laat dit vir 45 min stadig stoom.

Roer af en toe goed deur.

vir die Vulsel:[wysig]

Jy benodig:

🐂2 Blikkies “Bully Beef"

🐂2 groot uie – opgekap

🐂1 groot ryp tamatie – opgekap

🐂1 tl kerriepoeier

🐂80ml (5el + 1tl)kookolie

🐂eiers – 1 per bakkie

🐂cheddar kaas – gerasper

🐂sout en peper na smaak

🐂botter

Metode:[wysig]

Voorverhit oond 180°C.

VULSEL:

Verhit olie en braai uie tot geurig, voeg kerriepoeier by en roer vinnig deur.

Sny “corned beef” in blokkies en voeg by gebraaide uie, roerbraai vinnig deur.

Voeg tamatie by en braai lekker saam, hou eenkant.

Finaal:[wysig]

Berei jou oondvaste bakkies voor deur met bietjie bottter te smeer.

Skep so 2 el vol vleismengsel in elke bakkie.

Skep nou ¾ vol met gaar stywepap, laat effe afkoel.

Skep vleismengsel bo op stywepap tot amper vol.

Met ‘n botter gesmeerde eetlepel maak ‘n lekker diep holte in die middel van die pap.

Breek ‘n eier in elke holte.

Sprinkel met kaas.

Bak in voorverhitte oond tot goudbruin en eier gestol.

Verwyder van oond, laat rus vir 10 min voor bedien.

Wenk:[wysig]

Slappap – 1 koppie meel, 3 koppies water

Stywe pap – 2 koppies meel, 3 koppies water

Krummelpap – 3 koppies meel, 3 koppies water