BarOne trifel

Vanaf Wikibooks
Jump to navigation Jump to search

BAR-ONE TRIFEL

Bestanddele:[wysig]

  • 1 pakkie (90 g) sjokola kitspoeding
  • 400 ml melk
  • 125 g roomkaas
  • 250 ml (1 k) room, styf geklits
  • 1 pakkie (200 g) "Romany Creams," grof gebreek.
  • sjerrie vir oorsprinkel
  • 2 groot (100 g elk) "Bar-One" stafies, in blokkies gesny.

Metode:[wysig]

»Klits die kitspoeding en melk saam tot dit net begin verdik.

»Roer die roomkaas by die room in.

»Sprinkel die helfte van die gebreekte koekies in ’n glasbak en besprinkel met die sjerrie.

»Skep ’n laag sjokolapoeding oor.

»Skep ’n laag room oor en sprinkel van die sjokola oor.

»Herhaal die lae en rond af met stukkies Bar-One.

»Plaas in die yskas tot stewig.