BarOne fudge

Vanaf Wikibooks

BAR-ONE FUDGE

Bestanddele:[wysig]

  • 4× 60g Bar One stafies
  • 400g cadbury’s melksjokola blok
  • 395g blikkie kondensmelk
  • bietjie maizena vir sprinkel

Metode:[wysig]

✴Sprinkel ‘n 20cm vierkantige pan liggies met maizena.

✴Sny Bar One in stukke op.

✴Breek blok sjokola in blokkies.

✴Gooi die kondensmelk in ‘n medium kastrol, en oor lae hitte voeg die Cadbury’s melk sjokola – wat opgebreek is in blokkies by.

✴Bring kondensmelk en sjokola mengsel stadig tot kookpunt en roer gereeld totdat die sjokola gesmelt is.

✴Verwyder die kastrol van die plaat en voeg die gekapte Bar One stukke by en roer vinnig deur.

✴Gooi die fudge in die voorbereide pan en plaas in die yskas vir ‘n minimum van 6 uur (verkieslik oornag) sny dan in blokkies.