Amarula Koek
AMARULA KOEK
Beslag:
[wysig]60 ml Kakao
125 ml kookwater
3 eiers
220 ml suiker
60 ml olie
250 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
2 ml sout
Stroop:
[wysig]200 ml suiker
250 ml water
60 ml Amarula-likeur
1 blik karamelkondensmelk
styf geklopte room en
“flake”-sjokolade vir versiering.
Beslag metode:
[wysig]Stel oond op 180°C. Meng kakao met kookwater en laat dit afkoel. Klits eiers, suiker en olie saam, voeg koue kakaomengsel by en meng deeglik. Sif die res van droë bestanddele by en meng goed. Skep in 22cm×30cm pan en bak ongeveer 20 min. of tot toetspen skoon uitkom.
Stroop metode:
[wysig]Kook suiker en water saam vir 5 minute en verwyder van stoof en voeg Amarula by. Roer goed. Prik koek met ‘n vurk sodra dit uit die oond kom en gooi warm stroop oor.
Versiering:
[wysig]Laat goed koud word, verwyder uit pan, smeer karamelkondensmelk en styf geklopte room oor. Versier met “Flake" indien verkies (nie “Pepperment Crisp” nie, want dit belemmer die smaak). Dis ‘n heerlike klam koek/poeding wat lekker klam bly.
Wenk:
[wysig]Ek maak myne sommer in ‘n “pyrex” bak en gooi die sous oor en smeer dan die kondensmelk oor en room. Sny in blokke en bedien.