Aartappel slaai
AARTAPPELSLAAI
▶Kook aartappels tot gaar en sny in ringe of blokkies.
MAAK SOUS VAN:
[wysig]🔸Mayonaise,
🔸kondensmelk,
🔸bladjang,
🔸mosterd,
🔸sout,
🔸gemaalde swartpeper
🔸en bietjie Melk
Meng Die Volgende By:
[wysig]🔸My Aartappels
🔸1 groot ui fyngekap
🔸Groenpeper fyn gekap (opsioneel)
🔸3 Hardgekookte eiers in skywe gesny
🔸Pynappel stukke of jy kan ook die mousse gebruik (dreineer sap af)
🔸Agurkies fyngekap
🔸Blokkies kaas
🔸Gebraaide stukkies spek (opsioneel maar baie lekker)
Metode:
[wysig]Meng dan alles lekker deur en bewaar in die yskas. Net voor jy dit opdien, meng weer lekker deur en sprinkel vars pietersielie en spruituie oor of gedroogde pietersielie.
Die slaai is baie lekker as dit vir tenminste ‘n dag in die yskas gestaan het.
Wenk:
[wysig]Sny jou aartappels in plat skywe, dan pak jy alles in lae binne ‘n mooi glasbak en eindig af met die "crushed" pynappel en pietersielie.
nog ń Resep
[wysig]AARTAPPELSLAAI
Bestanddele:
🔸8 medium aartappels in die vel
🔸5 ml sout
🔸knippie mosterdpoeier
🔸Suurlemoensap en swart peper na smaak
🔸½ k (125 ml) mayonnaise
🔸½ k (125 ml) gewone jogurt
🔸1 etl (15 ml) gekapte vars pietersielie
🔸½ groen of rooi soetrissie, sade verwyder en gekap
🔸½ ui, fyn gekap
🔸2 hardgekookte eiers, geskil en gekap (opsioneel)
Metode:
»Plaas aartappels en ½ teelepel sout in ‘n pot met water. Bring tot kookpunt en kook tot sag. Laat afkoel, skil en sny in blokkies.
»Meng mosterd, die res van die sout, suurlemoensap, peper, mayonnaise, jogurt en pietersielie.
»Meng sous in by aartappels met soetrissie en ui.
»Sprinkel met eier en bedien as ‘n bykos.