Aarbei Tert

Vanaf Wikibooks

AARBEI VRIESKASKOEK

Bestanddele:[wysig]

Vulsel:

  • 2 Koppies room
  • 2 eierwitte
  • ½ houertjie roomkaas (by kamertemperatuur)
  • 2 koppies vars aarbeie
  • ½ kop strooisuiker

Kors:

  • 1 pakkie tennisbeskuitjies (fyngerol) (hou so handvol krummels uit om bo-oor te strooi, meng bietjie klapper by vir ‘n variasie bo-op)
  • 100ml gesmelte botter

Metode:[wysig]

Meng koekies en botter en druk vas in gespuite tertbak.

Sny die aarbeie in stukkies.

Klits die room styf – voeg die strooisuiker bietjies gewys by terwyl jy die room klits.

Meng die roomkaas by.

Klits die eierwitte tot stywe punte en vou dit in by die mengsel.

Meng die aarbeie liggies in.

Gooi bo-oor die tennisbeskuitjie kors.

Sit gladwrap bo-oor en sit oornag in die vrieskas.

Omtrent ‘n uur voor jy dit wil opdien, verwyder uit vrieskas, sny in blokke en laat dit dan effe ontdooi. Dit moet half gevries bedien word.

Wenk:[wysig]

Druk jou mes in warm water terwyl jy die blokke sny.

Indien jy nie vars aarbeie het nie, gebruik gebliktes wat goed gedreineeer is.