3 in 1 Gebakte Poeding

Vanaf Wikibooks

3 IN 1 GEBAKTE POEDING

Grootte: Oondpan (ongeveer 25porsies)

Die hoeveelhede tussen hakkies is vir 1 beslag.Genoeg vir: 6~8 porsies

Beslag:[wysig]

  • 3 eiers (1 eier)
  • 1 ¼ k suiker (125ml suiker)
  • 3 k koekmeel (1k meel)
  • 3 tl bakpoeier (1tl bakpoeier)
  • 3 tl koeksoda (1tl koeksoda)
  • 90ml wit asyn (30ml asyn)
  • 6 etl appelkooskonfyt (2 etl appelkooskonfyt)
  • 3 k melk (1 kop melk)
  • 75 ml kakao poeier (25ml kakao)
  • ½ tl sout (knypie sout)
  • 3 tl gerasperde lemoenskil (opsioneel) (1tl lemoenskil)

Metode:[wysig]

Meng suiker en eiers.

Gooi koeksoda in melk en los op.

Meng al b.g. bestanddele en bak in oondpan vir ongeveer 45~50 minute of tot toetspen skoon uitkom by 180°C . Sit oond af.

Haal uit, sny in blokke. Gooi die warm sous oor die poeding. Die sous lyk baie maar dit is nie. Gooi maar bietjie vir bietjie oor tot alles in die koek ingetrek het.

Sit terug in oond vir ongeveer 10 min.

Sous:[wysig]

  • 3 k melk (of 2 k melk en 1 k room of 2 k melk en 1 kop idealmelk) (1 k melk of half half soos bo)
  • 3 k water (1 k water)
  • 1 ¼ k suiker (125ml/½k suiker)
  • 125gr botter (2 etl botter)
  • 15ml vanilje (5ml vanilje)
  • 75 ml kakao poeier (25ml kakao)
  • 3 tl gerasperde lemoenskil (opsioneel) (1tl lemoenskil)

Metode:[wysig]

Bring alles tot kookpunt, en kook ‘n rukkie oor stadige hitte tot alles gesmelt is.

Wenk:[wysig]

Los die lemoenskil uit as jy wil. Los die kakao uit vir gewone gebakte nagereg. Beslag kan met gemak verdeel word in 1 beslag (6~8 mense) of 2 (16 mense) Al die bestanddele is deelbaar deur 3. Bedien met vla of roomys of room.