Neute Fudge

Vanaf Wikibooks

NEUTE FUDGE

Bestanddele:[wysig]

  • 5×250ml (5k) suiker
  • 125ml (0.5k) botter
  • 250ml (1k) melk
  • 25ml (1el + 2tl) gouestroop
  • Knypie sout
  • 1 blik kondensmelk
  • 5ml (1tl) vaniljegeursel
  • Gekapte neute
  • kersies(opsioneel)

Metode:[wysig]

Plaas die eerste 5 bestanddele in ń kastrol roer met n houtlepel en ‘was’ al die suiker om die rante af. Sit die deksel op, verhit tot kookpunt en kook dit 5 minute lank stadig.

Haal deksel af en roer die kondensmelk in. Roer goed totdat die mengsel weer kook. Kook die mengsel stadig tot goudbruin so 20~30 min. Laat effens afkoel en roer dan met houtlepel totdat die mengsel begin styf word. Voeg res van die bestanddele by versprei vinnig op ń gesmeerde bakplaat . Sny in blokkies voor heeltemal hard. Lewer 55 blokkies.