Nederlands/Les 1
Vanuit Wikibooks
[wysig] Die klanke
Die klanke van Nederlands verskil 'n bietjie van die in Afrikaans, maar daar is ook baie wat hoegenaam nie verskil nie:
b: /b/ d: /d/ f: /f/ h: j: /j/ k: /k/ l: /l/ m: /m/ n: /n/ p: /p/ s: /s/ t: /t/ v: /v/
- c
- Die Nederlandse c word as /k/ uitgepreek in -ca-, -co-, -cu- of as /s/ in -ce- en -ci-.
- calcium - kalsium
- Die Nederlandse ch word as die Afrikaanse g uitgespeek (/x/).
- lach - lag
- g
- Die Nederlandse g word baie as die Afrikaanse g (/x/) uitgespreek. Talle mense spreek dit nog stemhebbend uit. In Vlaandere het hulle die sagte g wat meer palataal is.
- z
- In Nederlands is z soos dit in Engels is
- zebra - sebra
- w
- In Noord-Nederland is dit soos die Duitse w: tusse die botande en die onderlip. In Vlaandere en Suriname is dit soos in Engels bilabiaal

