Hoe om 'n atlas te gebruik

Vanaf Wikibooks
{{{project}}}
{{{project}}}
Wikipedia has an article on

'n Atlas is 'n versameling kaarte met 'n magdom interessante inligting. Atlasbladsye bevat nie net ruimtelike inligting oor die ligging van plekke nie, maar ook nieruimtelike kenmerke van plekke soos die tale wat mense praat, hul godsdienstige oortuiginge en regeringsvorme, om net 'n paar te noem. Wanneer 'n mens 'n atlas gebruik, kan die volgende wenke jou help om die inligting korrek te vertolk uit die data wat gegee word:

  • Gebruik die geografiese indeks wat agter in die atlas is. Al die plekname wat in die atlas voorkom, sal in alfabetiese volgorde verskyn. Die bladsynommer waar jy die plek kan opspoor, word ook gegee. Die inskrywings bevat dikwels bykomende inligting soos 'n alfanumeriese verwysing en die breedte- en lengtegraad van die plek.
  • Lees die titels van die kaarte - dit sal jou sê waaroor die kaart gaan.
  • Atlasse bevat heelwat tematiese kaarte (kaarte oor verskillende onderwerpe) wat vir jou nuut kan wees. Bestudeer die sleutel wat die simbole verklaar deeglik voordat jy probeer om die kaart te vertolk.